{"product_id":"9781928283270","title":"As Ek Omdraai, Skiet My","description":"Die verklaring van oorlog teen Nazi-Duitsland deur die Smuts-regering ruk ŉ Afrikanerfamilie uiteen: Die wedywering tussen twee Vrystaatse broers neem dodelike afmetings aan wanneer sjarmante Pierre die romantiese keuse maak en by die lugmag in Noord-Afrika aansluit, en Jan, sy ewe aantreklike jonger broer, die eed van die militante vleuel van die Ossewa-Brandwag aflê: ŉ eed wat net deur die dood verbreek kan word.\r\n\r\nDie broers se avonture tydens hierdie konfliktydperk bereik ŉ bloedstol¬lende hoogtepunt wanneer Pierre uit Italië terugkeer en broer teen broer een donker nag op ŉ Pondolandse strand teen mekaar te staan kom.\r\nHierdie verhaal weerspieël die diepe verdeeldheid wat die Tweede Wêreldoorlog tussen Suid-Afrikaners veroorsaak het: tussen families, vriende en kennisse; en waarvan die impak lewens verander het.\r\nDie storie van die broers se ysingwekkende – en soms romantiese – eska¬pades beloof om die leser vasgenael te hou.\r\n\r\nEk het dit geniet om weer aan die komplekse aard van oorlog herinner te word – en aan die rampspoedige gevolge wat beperkte toegang tot inligting eens vir die wêreld ingehou het. In ŉ era van twiets en blitsboodskappe is dit moeilik om mens in te dink in ŉ tyd toe mense werklik nie van die waarheid bewus was nie voor dit te laat was. (Wir haben es nicht gewusst.) Amelia de Vaal, redigeerder en literêre vertaler","brand":"Booksite","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39358031331443,"sku":"9781928283270","price":228.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/15072243482874.jpg?v=1790150197","url":"https:\/\/www.readerswarehouse.shop\/products\/9781928283270","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}