{"product_id":"9781928248163","title":"Bloedbroers","description":"\u003cp\u003eOp 10 Junie 1980 gedurende ’n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son is 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer toe 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep ’n kompleks van Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eGedurende Operasie Sceptic het tweede luitenant Paul Louw sy peleton in vier Ratels na die slagveld by die doelwit Smokeshell gelei. In die chaos wat daardie dag gevolg het, is 12 dienspligtiges in sy peleton van 44 noodlottig gewond en hy is self ook beseer. Een van sy troepe, die 18-jarige HP Ferreira, is met ’n 14,5 mm-masjiengeweer deur sy pelvis geskiet en hy is ook deur etlike AK-47 koeëls getref. Hy het wonderbaarlik oorleef.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eLouw, nog met die bloed van sy manne aan sy klere, en ’n handjievol ander soldate het die aand deurgebring in ’n Ratel wat deur ’n RPG-vuurpyl getref is. Hulle was heeltemal afgesny van die res van die aanvalsgroep en het nie geweet of hulle die son sou sien opkom nie.\u003c\/p\u003e\n\u003c!----\u003e","brand":"JONATHAN BALL","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42185882501235,"sku":"9781928248163","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/Blo.webp?v=1752720377","url":"https:\/\/www.readerswarehouse.shop\/products\/9781928248163","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}