{"product_id":"9781779992192","title":"N Leeu in 'n Lugballon","description":"A is vir Appel, B is vir Bal ... só leer kinders dikwels die alfabet. In hierdie boek kan jong lesers egter met behulp van rympies en besoeke aan Suid-Afrikaanse dorpe en stede ’n opwindende reis deur die alfabet onderneem – al die pad van A tot Z! Is dit sowaar Ben EN sy brak op daardie branderplank in Ballito? Gaan Mia die monsters in Muizenberg kan verslaan? Wat gebeur wanneer Vince op ‘n verskrikte volstruis se rug beland? En wat op aarde vang Zandile en ziljoene zoemende bye in Zeerust aan? ŉ Leeu in ŉ lugballon: alfabetrympies vir aapsterte is ŉ boek wat die alfabet op verskillende vlakke aan kinders bekendstel. Ouers kan met peuters op hulle skoot sit en voorlees en klank. Ouer kinders kan die rympies memoriseer en speel met ritme en rym. En gesinne kan saam leer oor die dorpe en stede waar besoek afgelê word langs die alfabet-pad. Zinelda McDonald se illustrasies beeld dié alfabet-reis op ’n prettige en kleurvolle wyse uit.","brand":"PUBLISHER STOCK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48391632191603,"sku":"9781779992192","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/51t4DrGrkEL.jpg?v=1789996446","url":"https:\/\/www.readerswarehouse.shop\/products\/9781779992192","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}