{"product_id":"9781779860620","title":"Maanschijnbaal 1 Joen Sue","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eAbout Maanschijnbaal 1 Joen Sue by Chanette Paul\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOntmoet die Calitze: vier uiteenlopende vroue, elkeen in ’n ander lewensfase, elkeen met haar eie geite en ’n verlede – met ’n hoofletter V. Die Maanschijnbaaiers sit behoorlik regop toe die Calitz-vroue die dorpie in oorlede Casper se pienk Cadillac binnevaar. As dit maar al was. Casper het egter sy afskuwelike turkoois kasarm ook aan hulle bemaak.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie Maanschijnbaaiers glo dit moet platgeslaan word, maar vir die Calitze kan dit dalk net uitkoms bied. As hulle die kasarm leefbaar maak, kan hulle dalk die onlangse verlede ontvlug. Jo kan ’n verhouding wat haar finansieel en emosioneel geruïneer het, verwerk. Sue kan ontsnap van al haar eks-lovers. Nan kan oor die skok kom dat sy afgedank is. En Jeannie kan wegkom van die Maidens of Sappho. Maar op Maanschijnbaai haal die verre verlede hulle in. Want daar is iemand wat reken Casper se erfenis kom die “Calitz-slette” nie toe nie.\u003c\/p\u003e","brand":"PUBLISHER STOCK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44709304270963,"sku":"9781779860620","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/maanschijnbaai_1_chanette_paul.jpg?v=1776084867","url":"https:\/\/www.readerswarehouse.shop\/products\/9781779860620","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}