{"product_id":"9780795803437","title":"Brief op veertigduisend Voet","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eAbout Brief op Veertigduisend Voet  By Tom Dreyer \u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eLig, wat sig moontlik maak, word metafories ingespan vir die menslike belewening van die verbygaan van tyd. Verlatenheid, ooptes en ongekarteerde gebiede word metafore vir die onsekerheid en prekêre avontuur van die post-postmoderne mens.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie bundel sluit natuur- en bewaringsgedigte in, asook reisgedigte verweef met geskiedenis, wat die mens se interaksie met sy omgewing belig.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSpanning tussen die antieke en die moderne word geskep met die insluiting van gedigte oor tegnologiese en wetenskaplike innovasie, asook wetenskapsfiksie - reeds deur die titel gesuggereer. En menslike verhoudinge - deur die “brief” van die titel geaktiveer - word in roerende dog onsentimentele liefdesgedigte verbeeld.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eBrief op veertigduisend voet is opwindend en verbeeldingryk, terwyl dit ook die beste aspekte van die poëtiese tradisie bevat.\u003c\/p\u003e","brand":"PUBLISHER STOCK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44474687422579,"sku":"9780795803437","price":215.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/9780795803437.jpg?v=1774431317","url":"https:\/\/www.readerswarehouse.shop\/products\/9780795803437","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}