{"product_id":"9780795802706","title":"Kinderlê","description":"\u003cp\u003eIn Kinderlê kom verse oor die kwesbaarheid van kinders, swangerskapsverlies, genderkwessies, die liefde en erotiek, en geestesgesondheid aan die bod.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie titel is die naam van ’n monument by Steinkopf in die Noord-Kaap ter herinnering aan ’n kinderuitwissing wat daar plaasgevind het  ’n historiese gegewe wat nie wyd bekend is nie. ’n Afdeling in die bundel word aan verse gewy wat dié verhaal vertel. In ander afdelings word narratiewe verse gebruik om te vertel van die ontstellende belewenis van opname in ’n psigiatriese instelling, en van ’n miskraam.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eLaasgenoemde tema is nog weinig in Afrikaanse digkuns ondersoek. Voorts word erotiese ervarings treffend, evokatief en met ’n tikkie humor verwoord. Julius tree dikwels in gesprek met haar literêre voorgangers en betrek dan die huidige sosiopolitiek.\u003c\/p\u003e","brand":"JONATHAN BALL","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41413399347315,"sku":"9780795802706","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/kinderle9780795802706-368104.jpg?v=1711645254","url":"https:\/\/www.readerswarehouse.shop\/products\/9780795802706","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}