{"product_id":"9780624085409","title":"Pienk Is Nie Vir Sissies Nie","description":"\u003cp\u003eNicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle weggery.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eTot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Donovan die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes. Die boek daag ook geslags- en verhoudingstereotipes speels en slim uit.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eNicci is ewe goed in ballet en bergfietsry, maar omdat sy 'n meisie is, verwag haar ouers en onderwysers dat sy vanselfsprekend ballet sal kies. Haar oë gaan ook oop oor die ou op wie sy verlief is, wat eintlik maar net 'n modelmooi meisie soek vir wie voorkoms en wat ander mense van haar dink, mees belangrik is. Sy vind in Donovan 'n ware vriend wat haar toelaat om haarself te wees.\u003c\/p\u003e","brand":"JONATHAN BALL","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40129326809203,"sku":"9780624085409","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/products\/51B71sWOweL._SY346.jpg?v=1656488852","url":"https:\/\/www.readerswarehouse.shop\/products\/9780624085409","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}