{"product_id":"9781991256874","title":"So werk die natuur eintlik!","description":"\"Hierdie boek is geskryf vir alle mense wat geïnteresseerd is in die werkinge van die natuur... en hierdie kundige skrywer doen dit aan die hand van sy vertelling. In hierdie boek is sy vertellings boeiend en uitdagend. Hy bied die harde feite van die wetenskap en hoe die reële wêreld gerat is met die bekoorlikeid van fantasie aan. Daarmee skep die skrywer ’n sprokieswêreld vir die nuuskierige leser, dié wat belangstel in hoe dinge in die natuur werk. So lok hy oud en jonk om saam te kom op Tarantukan se wonderlike verbeeldingsreise. Tarantukan is tevrede dat die werklikheid is soos hy dit sien, maar soms wonder hy tog of hy reg is. In sy fantasiewêreld daag sy verbeelding dan op en neem hom op ongeloofl ike verbeeldingsreise. Sy verbeelding kom in verskillende gedaantes – dit is karakters uit die mitologie en volksverhale; wetenskaplegendes; spoke en soms help pratende diere hom ook nog reg. Elke keer word sy subjektiewe insigte uitgedaag, met sy kop gesmokkel en so leer hy meer oor hoe die natuur eintlik werk. So leer hy byvoorbeeld van riviere wat opdraand vloei, dat die maan af beweeg as hy opkom, dat hy op ‘n fiets met vislynspeke kan ry, dat sonstrale nie uiteenloop soos dit met sonsopkoms lyk nie, dat sy badkamerskaal vir hom jok en dat sy twee oë nie dieselfde reënboog sien nie. Dan is daar ook nog die goue towermunt wat hom altyd waarsku as sy verbeelding op pad is. Hy hoef dit net te vryf wanneer hy sy verbeelding se wysheid nodig het. Kom ontdek en geniet saam met lesers van alle ouderdomme!\"--","brand":"BOOKSITE","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45358974926963,"sku":"9781991256874","price":261.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/26920903482896.jpg?v=1789924685","url":"https:\/\/www.readerswarehouse.shop\/de\/products\/9781991256874","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}