{"product_id":"9780795803390","title":"Enigma","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eAbout Enigma by Rudie Van Rensburg\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eWanneer ’n skatryk Angolese sakeman met twee koeëlgate in sy bors in ’n hotelkamer in Kaapstad aangetref word, moet Kassie en Rooi die saak ondersoek. Die kokaïen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie slaan hulle dronk. Wat doen ’n gesiene persoon, wat ’n Suid-Afrikaanse minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie nuwe en omgesukkelde tydelike bevelvoerder van die Spookeenheid laat Kassie-hulle boonop ligtrap. Hy soek resultate en eintlik wou hy dit al gister gehad het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e’n New Yorkse beleggingsbestuurder, ’n Angolese skurk met verskeie geldmaakplanne, en ’n hoogaangeskrewe en geslepe sakevrou is almal op ’n manier met die vermoorde man verbind. Maar wat presies het hulle met sy raaiselagtige transaksies te doen?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eKassie en Rooi moenie net ’n moord oplos nie, maar ook ’n internasionale netwerk van kriminele aktiwiteite ontbloot. Een waarbinne daar nie geskroom word om mense permanent uit die weg te ruim nie.\u003c\/p\u003e","brand":"JONATHAN BALL","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45064397979763,"sku":"9780795803390","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/Enigma_720x_525a883a-3ebf-49a9-a658-69aa160f15c7.jpg?v=1780472619","url":"https:\/\/www.readerswarehouse.shop\/de\/products\/9780795803390","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}