{"title":"Elsa Winckler","description":"\u003cp\u003eShop books by \u003cstrong\u003eElsa Winckler\u003c\/strong\u003e at Readers Warehouse. You'll find romance here. Popular titles include \u003cem\u003eN' Lerse Knoop\u003c\/em\u003e, \u003cem\u003en Belofte Vir Bippie\u003c\/em\u003e and \u003cem\u003eN Knippie Moord\u003c\/em\u003e.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eBest for adult readers. Shop all our Elsa Winckler books below, delivered across South Africa.\u003c\/p\u003e","products":[{"product_id":"9780624084839","title":"Elsa Winckler Eerste Keur","description":"Cilla kan van kleins af met diere kommunikeer in ​ Van altyd af. Reynecke Retief vertrou egter nie haar intuïtiewe benadering nie; hy beskuldig haar daarvan dat sy sy perd wil toor. Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor verhoudings en die lewe om.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eAileen se pâtisserie sal vir Stellenbossers wys hoe fyngebak moet lyk in ​Te eenders, te anders. Ongelukkig is die eienaar van die perseel heeltemal onmoontlik. Na ’n lesing oor persoonlikheidstipes, weet sy: Sy en Allen Muir sal nooit om dieselfde vuur kan sit nie. Hoekom laat sy nabyheid haar dan so verskriklik opgewonde voel?\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eKalinda worstel met verskeie uitdagings in Tydlose liefde​. Soos die spook wat in haar kar geklim het én haar kantsakdoekie agtergelaat het. Sy ontmoet ook die wildewragtag van ’n Zach met sy arrogante drie-date-reël. Daar is dadelik ’n onverklaarbare drif wat tussen hulle posvat, terwyl sy die geskiedenis en haar spook se spore volg.","brand":"READERS INC","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39926199713907,"sku":"9780624084839","price":159.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/products\/elsa-winckler-eerste-keur9780624084839-857140.jpg?v=1752731449"},{"product_id":"arendsvlerke-vir-siebert","title":"Arendsvlerke Vir Siebert","description":"\u003cp\u003eLiewe Here, ek verstaan nie. Help my.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eVerder as dit kom Katinka nie. Ná amper vier maande weet sy steeds nie wat om verder te bid nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eDis lente in Somerset-Wes en oral om haar getuig blomme en bloeisels van nuwe lewe, maar Katinka se man, haar groot, sterk man is dood. Dit was Barend se droom om ’n huis te bou hoog teen die berg sodat hulle ver oor Valsbaai kan uitkyk. Want, het hy altyd gesê, dis waar hulle op hulle oudag kan sit en onthou. En nou’s hy weg. Hoe bereken ’n mens so ’n verlies?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eWanneer haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur- dring, is sy verslae en geskok. Hoe is dit moontlik dat sy nie weet wat in haar kind se lewe aangaan nie? Siebert se oë het altyd geblink, hy’t maklik gelag ... en nou herken sy skaars die nors skepsel op die bed.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eWaar begin sy? Wat doen ’n mens?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eDis eers wanneer vrees die oorhand kry, wat sy haar wend na die Here. En hierdie keer is daar woorde.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eHere, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eArendsvlerke vir Siebert is ’n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.\u003c\/p\u003e","brand":"Readers Warehouse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40106098753651,"sku":"9780639607139","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/products\/41cr7gYyacL.jpg?v=1653302622"},{"product_id":"9780798186186","title":"'N Knippie Moord","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eAbout 'N Knippie Moord by Else Winckler\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eKlara Beyers, die gastehuiseienaar op Somersee, is heldersiende en kan die onheil in haar nek voel kriewel die oggend toe Dewald Rademeyer sonder ’n bespreking op haar drempel staan. ’n Dag later word Dewald se lyk met ’n naaldwerkskêr in sy nek gevind. Kolonel Mack Biesenbach is eerste op die toneel waar hy ’n geskokte Klara met bloed op haar hande aantref.’n Knippie moord is humoristies, propvol kinkels en kleurryke karakters, en natuurlik ook ’n tikkie romanse!\u003c\/p\u003e","brand":"JONATHAN BALL","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45019438219379,"sku":"9780798186186","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/71hjY6zZJ5L._SY522.jpg?v=1779184532"},{"product_id":"9781779860521","title":"N' Lerse Knoop","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eAbout N' Lerse Knoop by Elsa Winckler\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eToe die vier Ierse O’Connor-broers, Sullivan, Declan, Liam en Rooney, besluit om ’n volhoubare ontwikkeling op Fynbosbaai bou, loop hulle hulle vas in Anke Joubert en haar vriendinne, kampvegters vir die omgewing.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eAnke, ’n akademikus, skryf oor die perlemoenstropers in die omgewing. Miné du Toit plaas foto’s van bedreigde spesies op sosiale media. Eden Fourie probeer deur haar kuns mense bewus maak van die broosheid van die Biosfeer. En Lika Bester, skrywer en eienaar van die plaaslike boekwinkel ondersoek die verdwyning van ’n skooldogter ’n jaar tevore. Hou dit met die stropery verband? Hoe meer vrae die vriendinne vra, hoe meer dreigemente ontvang hulle.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eToe die eerste slote vir die Ierse broers se ontwikkeling gegrawe word, kom hulle op menslike...\u003c\/p\u003e","brand":"PUBLISHER STOCK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45232310780019,"sku":"9781779860521","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/w300h800_e11e4b2c-7ebc-4450-a7b1-3d6a3eed4105.jpg?v=1783950215"}],"url":"https:\/\/www.readerswarehouse.shop\/collections\/elsa-winckler-books.oembed","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}